Jongste aktiwiteit:

Die aarde huil. (SILWER)

Die aarde huil.

Die aarde kreun van stof en rook, die hemel huil,
met voëls wat minder sing in omgewing, so vuil.
Blinkende blikke en plastiek klou aan heinings vas
oor velde en tuine wat eens vry en onbesoedeld was.
Mag die aarde hul vergewe wat snoesig in paleise skuil!

Die oseaan sug onder die gewig van plastiek en glas,
kwynende koraalriwwe beur voort in trae pas.
Oesters en mossels sukkel om hul doppe te bou,
en dan ook om hulle doppe in stand te hou.
Mag die oseaan eendag weer vry wees van die las!

Besoedeling versmoor fauna en flora sowaar
met chemikalieë en swaar metale is bewyse daar.
Plante wat eens welig in riviere en mere kon groei
se voortbestaan is bedreig en word so uitgeroei.
Mag ons wakker skrik as ons feite in die gesig staar!

©MarleneErasmus
29/08/2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak