
‘n boer se spyt (silwer)
’n boer se spyt
grond eens ryk onder sy hand
val deur sy vingers as woestynsand
ek sien hoe kyk hy op
met ’n bakhandgebed
vir ’n wolk op die horison
om sy diere te red
elke graspol, elke sagte loot
is lankal reeds dood
hy laat sak sy kop, knak sy knieë
tussen kalk en kaiingklip
maar die westewind fluister blaam
terwyl hy toe-oë staan
en al wat oorbly
is spyt
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek