
Robot Drome
die organisme is anorganies
met elektrisiteit bloed
die dele is plastiek aaneen geskarnier
vir gemaklike drie dimensiele bewegings
multi afstand sensors skree waarskuwings
verseker so die uitvoer van komplekse take
herhalend ongeag die gevolge
die tegnologiese ontwikkeling
is oogverblindend vinnig
meteories verbeter die meganika
beelde versterk in mega pixelgrepe
inligting blits gbps op en af
ongesoom verbind met
internet van goed
in agtergrond integrasie
verbeteringe word geklee
in plastiek mensvorm
die anorganiese na skepsel
ons oerskeppings drang
vir ń eie god
is amper volbring
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.