Jongste aktiwiteit:

My taal is Afrikaans

Mý taal is Afrikaans!  

Ek skryf en dig
in die mooiste-mooiste
Afrikaanse taal
met die talent
deur God
aan my gegee

ek sál nié
’n minderwaardige knie buig
voor enige ander taal
wat my ruimte betree …

mý taal is Afrikaans!

mý taal is
die onoorwinbare innerlike sielskrag
deur God aan my gegee

géén maar géén ander krag
sál of kán my taal verbrysel

teenstand kan teen mý taal opskuim,
maar mý taal, [Afrikaans]
staan soos ’n rots’ *

mý taal is mý trots
mý taal is
Afrikaans!
————–oo00oo————–
(© Pieter Mostert)
(*Interteks is my verwerking van Totius se woorde)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed