Jongste aktiwiteit:

Moerdertaal

in wind verwaaide Kaap
verstrooi as klein sade
groei ń nuwe vuilgoed
in die duusman land

eenkant alleen
begin woorde huwelike
ń gemene taal
vir die kinders van Afrika

op hoër gesag
as kombuis taal verklaar
vir die plaasjapie slawe
van Afrika

een een vorm woorde
uit verkeerd gesegde
ingevoerde handelstaal
deurdie van Afrika

algoritmes
soek alternatiewe woorde
as nuwe aanvaarde
internasionale kommunikasie taal

teen al dié
is my klein taal
toe en nou oorlams verkies
as die moedertaal van Afrika




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed