Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)
Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo
maar elders brand daar treine, of skole – of so
nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat
verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat.
Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae
of is dít hoe ons Showville* in Suid Afrika?
Laat die jonges pantsula, laat die ou mense wals
kom ons sing, kom ons lag,
kom ons huil oor dit als.
Die son sak weer vanaand oor die wye Karoo,
oor ons stede en townships, ons plaasgrond – en so.
Hoeveel as, hoeveel roet moet ‘n land dan verduur
voor sy lelies weer blom
in die spoor van die vuur?
© C. Shaw
31 Mei 2016
* FAK Sangbundel: (Titelnaam ~ Sing jy van blomme)
* Showville – Suid Afrikaanse televisie program waarin daar na plaaslike talent gesoek word.
11 Kommentare
-
-
Loretta Szikra
Wow Carma. Hierdie is so puik geskyf!
-
neels
Ai ai Carma jou pragtalent kom hier weer sterk na vore
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek
-
Koekekranka
So vra, soek en roep ons almal in die lewensgleuf waarin ons veral in Suid-Afrika en Afrika ons tans bevind... Jy slaag ongelooflik goed daarin om die radeloosheid -maar vir my ook 'n bedekte smeking as bede in jou slotvers te verwoord. Wie of wat kan dit mooier uitdruk as : " Hoeveel as, hoeveel roet moet ‘n land dan verduur voor sy lelies weer blom in die spoor van die vuur? Pragtig!
-
Elroux
Uitstaande aktuele gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
So raak gevat