Jongste aktiwiteit:

Volmaan

Daar hang ‘n groot, wit, ronde maan
aan die donker nag
met enkele stêrre hier en daar.

My gedagtes kruis ‘n oseaan;
sweef oor baie lande
tot waar ek dink jy moet staan.

En ek wonder:
staar jy na dieselfe maan?
Dalk effe ronder…

Waar sou ons twee dan ontmoet
in die wydheid van die heelal;
sal jy my herken, of sal ons net groet.

Silwer blink die vlieswolk voor die maan
ek hoop jy droom soos ek
oor ‘n silwer maan.

© CJ Laing 23/12/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed