Bitter Aalwyn
Kon nooit verstaan
waarom jy my so aanstaan.
Uit jou groengrys prikkelloof
rys ‘n oranja kroon,
waar om duisend bye drom.
Jy groei in woestynsand,
teen die heuwelrant,
tussen klip en rots
waar alles skree van dors.
Uit veselare drup bitter als.
© CJ Laing 22/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.