Jongste aktiwiteit:

Prikkelpyn

Kyk na my – ek is steeds ‘n vrou.
Dalk kan jy nie onthou,
dat daar ‘n tyd was
toe my blasvel ook vou-en vlekloos was?
Roetswart was my krullebos
met ‘n koperglans in die son.
In my olyfgroen oë
het die lewe se storms dikwels gewoed.
In die roos van my wang
het ‘n kuiltjie gedans,
as die lewe my laat lag
en vreugde borrel uit my hart.
My lyf was verruklik en sag
waar jou hartstog, as jy wou, kon skuil in die nag.
Ek was vrou,
maar wat is anders nou?

Dalk is ek nie meer so mooi
met meer as een plooi,
maar wie gee jóu die reg
om my te hanteer met so min respek?
In my oë loop woede oor;
ek walg in die walms van jou woorde
en ek weet hoe het Haat Liefde versmoor!
En in my vernederseer
weet ek, dat ek diep begeer
om in waaragtige liefde toegevou te wees,
totdat die klip in my hart verweer
en ek weer kan voel, hoe dit is
om jouself in liefde onvoorwaardelik
te verloor;
om “ek het jou waarlik lief” te hoor.

© CJ Laing 22/12/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed