
Woorde
Augustus projek
Woorde
Heeltyd volg hul my
ek kannie wegkom
hul wil nie ophou hul wil nie stop
oral waar ek gaan is hul by my
Hul wil my net nie los, hul spook by my
hul groei alreeds soos mos vas aan my
Hul maak my wakker in die nag
en in die middernag se uur
voor hul verdwyn vloei hul oor my papier
en ek luister hoe hul vir my fluister, sag
Roepend om hulself te laat hoor
hul roep om ‘n gehoor te bekoor
In die vroeë môre uur
Lê die woorde reeds klaar geskryf voor my
en met hul nuwe notelyf
gly en dans hul vrolik oor my klavier
Al die woorde al die note
is nou ‘n nuwe lied vir my
Magda van der Walt
******🎼🎼🎵🎶*****
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek