alles
strate wolke en die see
blou hemelruim daarbo
berge op die ver horison
wolke wat fluks verby ry
mense wat op stoepe sit
wat die sonnetjie indrink
terwyl hul koffie inskink
seevoëls se skor geroep
meeue wat sweef en rol
golwe met spierwit kop
resies jaag na die sand
wit water-skuim some
wat dartelend gaan lê
krappe en skulpe belê
strand nuwe lewe gee
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.