Jongste aktiwiteit:

Jy was die een

Op die perron het jy gewag
smorens dou voor dag
aan jou het my hart behoort
lieflike geur het my aangeraak

saam het ons die trein betree
elke beweging van jou ingedrink
op die stasie het jy my gelei
by die deure het ons oë mekaar gesoek

stadig het ons na die “office” beweeg
ek met my gedagtes so naby jou
jy was die een langs wie ek wou wees
etenstye kon nie vinnig genoeg kom

so het ons besluit om te gaan swem
dit was nooit vir ons beskore
een telefoon oproep weg
en die wêreld teen ons gekant

so seer soos dit was my pos afgestaan
met hartseer het jy belangstelling verloor
vir altyd was jy daar want jy was die een
my gedagtes vermurwe aan een oproep

Ek mis die reuk wat my nader getrek het
Jou sterk arms om my as ek aan jou dink
Jou ken met sy kuiltjie daardie glimlag so teer
jou groen oë met my spieëlbeeld daarin

Louisa van Vliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed