Jongste aktiwiteit:

Sag in jou arms

Die ontmoeting was “wow”
jou gesig met die eerste oogopslag
van woorde was ek gerompel
in my eie spore gestrompel

die besef was ‘n groot verrassing
my stem my in die steek gelaat
‘n tweede droom ‘n waarheid geword
want voor my oë het jy ingetree

asof van nuut beleef ek my matriekjaar
met vlinder wat warrel in my
opgewonde bly het ek geword
want sag in jou arms het ek gaan lê

jy het my omvou met liefde teer
sterk en ferm het jy my hanteer
het ek geweet jou gaan ek nie verloor
want aanmekaar het ons behoort

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed