SONSTRALE
Vir jou wil ek die son se strale vang en om jou skouers hang Saans sal ek die maan se weerkaatsing vra om jou oor die klipperige pad te dra My vuurtjie het uitgebrand Al wat oorbly is as en droe'sand Ek soek myself tussen die sterre en maan en probeer die rigting van my […]
OOS-VRYSTAAT KIND
Onthou jy Oos-Vrystaat kind Somerson en Winterwind Die wintersneeu op die berge en die sonskyn goue koring-gerwe Stofstrate en Sandsteenhuise Dit was lank jou tuiste Onthou jy Oos-Vrystaat kind hoe het die sang van die skoollied weerklink Die sorgvrye dae van posaflewering en die gelui van die telefoon se klank Onthou jy Oos-Vrystaat kind daar […]
Rooi Robot reisies (Brons)
Rooi Robot reisies (Bagartag / Bagarthach gedig) Woeps, jaag hul oor rooioog gewis ignoreer ons padregulasies daar waar ruggraat sy naam uitwis verwens ek hul sitvlak vol blasies. © Taai Bonthuys
Ek is skatryk
Brons kategorie Ek is skatryk stap saam met my tussendeur die lyne soos ek tree vir tree waag te verdig my lied waar geen reëls my stem kan keer mag woorde ook die pad na jou hart bereik jy wie se lewe lê… so verryk ek wil die vaalgrys winterspoor ver wegvee waar dit hoort […]
Lewe sonder grense.
Lien Meiring lê op haar rug in die sagte gras en kyk na die wolke wat lui oor die blou hemel trek. Die son se warm strale streel haar gesig terwyl sy die rustigheid van die oop veld om haar waarneem. Maar haar gedagtes is allesbehalwe rustig. Sy dink aan die verskriklike streng reëls wat […]
YSIGE LENS
Winter die introspeksie seisoen wat die ysvingers van die verlede oopmaak die kettings van gewoontes verbreek geestelike dagboek word deur geblaai oorweeg jy dit weer of skeur jy dit uit hoe leer jy om voor te begin jy moet jouself ontbloot jy moet foute en tekortkominge erken dan los jy dit nes verlede winter tussen […]
volgens my reëls (SILWER)
ek skryf ’n gedig sonder reëls of rym so wil ek my plek op die podium kleim en skryf met geen reëls of geen plan woorde dans rond soos ’n malle man ek dink aan rym, maar sê gou: nee moderator wil my onder die mat in vee ek vergeet van metrum en spraak in […]
Die lewe sonder reëls.
Inleiding. Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees om in ‘n wêreld sonder reëls te leef? Hierdie vraag sit mens aan die dink oor die kern van ons samelewing en hoe dit funksioneer. In hierdie artikel sal ons die teoretiese en praktiese implikasies van ‘n wêreld sonder reëls ondersoek, gebaseer op historiese voorbeelde, […]
dit is al
dis die grys wolke daarbo winde wat onbeheers waai dakplate gee knarsend mee die loeiende wind wat suig wat ruk en pluk aan alles dit wat los is meesleur dis die verlatenheid wat my siel verslae laat ewige herinnering lê braak in hart wat aanhou strek probeer om te vergewe dog nooit sal vergeet […]
Ons Onsigbare Helpers.
Thomas Edison het eenkeer gesê: “Daar is geen reëls hier nie – ons probeer iets bereik.” Ek het altyd gedink Edison het ’n punt beet. Ons moet buite die raamwerk dink, nie waar nie? Ek besef egter, hoe meer ek hieroor dink, hoe meer besef ek dat reëls eintlik ons onsigbare helpers is. Reëls stel […]