volgens my reëls (SILWER)
ek skryf ’n gedig sonder reëls of rym
so wil ek my plek op die podium kleim
en skryf met geen reëls of geen plan
woorde dans rond soos ’n malle man
ek dink aan rym, maar sê gou: nee
moderator wil my onder die mat in vee
ek vergeet van metrum en spraak
in my gedagtes neem ek wraak
ek plant ’n sin wat niks beteken
voor jy met my kom afreken
ek kan sê die son is groen of geel
in my gedig kan niks my skeel
komma’s vlieg soos voëls in die lug
punte raak verlore in hul vlug
metafore kan my nou min skeel
al die reëls is vir my net een te veel
waarom sal ek nou sin probeer maak?
wat ek skryf maak vir jou nie saak
want sien, ’n gedig sonder reëls is vry
met woorde wat rond spring of gly
kom dans op die maat van my woorde
applous kom nie van jou, maar uit ander oorde
so – laat ek dan nou dig en rym vir die pret
jou voorskrifte vir gedigte, is nie my wet!
©MarleneErasmus
09/07/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek