Jongste aktiwiteit:

Ek is skatryk

Brons kategorie

Ek is skatryk

stap saam met my tussendeur die lyne
soos ek tree vir tree waag te verdig my lied
waar geen reëls my stem kan keer
mag woorde ook die pad na jou hart bereik
jy wie se lewe lê… so verryk

ek wil die vaalgrys winterspoor
ver wegvee waar dit hoort
want rykdom lê in die sonskynstrale
ingevleg in my menswees… elke tree

selfs al lê daar goud by die reënboogpunt
bly die grootste rykdom steeds vir my
my liefste kleinkind…geskenk aan my

ellke oomblik gedeel
elke storie grootoog vertel
elke keer se handjies om my nek gevou
word herinnerings gebou vir ewig se onthou

elke spoor van jou lê diep binne-in my hart
maar net te gou vlieg tyd by ons verby
sou jy maar so bietjie langer klein kon bly

reënboogkind… jy het my lewe ingekleur
met daai reënboog in jou oë
en elke kleur van jou

in geel en pers en ook so tikkie blou
kleur jy alles mooi om jou
liefste kleinkind ek is baie- baie lief vir jou

©Magda van der Walt




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed