Jongste aktiwiteit:

seldsame gedrag

 

sosiale media is oop

mense gewetens verloop

siele ontmoet “mekaar”

vertel uit die hart

aan wildvreemdes

al hul smart

 

eensame geeste soek

vind dié wat hul oog verlang

sien wat hulle wil sien

kry wat hul verdien

baie seldsame

sameloop

 

oues van dae dink

ver terug aan opsitkers

al die opsmuk van die kuier

die aanstelligheid van luier

onwaarskynlikheid

van ‘n regte maat

 

die mens op sy beste

produk van sy huidige tyd

ryk uit na sterre en planete

terwyl eie data braak lê

onverwerkte grond

in verwoede stryd

 

Ó Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed