Jongste aktiwiteit:

Kersfeessinspreuk: GEBOORT

GEBOORT

Een van die mense wie se woorde ek graag aanhaal, is Angelus Silesius, die Slesiese Engel. Van hom weet ek bittermin – slegs sy „Personalia”, soos dit in Europa genoem word — die data wat hom identifiseer, die min dinge wat hom in ‘n skaar sou uitken. Hy is op die dag van Kersfees in 1624 gebore en het sy drie-en-vytig jare in Slesië geleef, ver in die noorde van die ou-ou Duitse Ryk, ‘n deel wat tans aan Pole behoort. Verder, dat hy dorpspredikant gelyktydig medikus was, en dat hy gedigte, liriek en aforismes geskryf het. Tydens die uitbreiding na die ooste was die meeste Duitsers daar evangelies, maar dit kan tog wees dat hy rooms was. Ag ja, en dat hy skynbaar ‘n seer nederige mens was, glad nie grootpraterig of -doenerig nie, het ek verneem.

Hierdie is een van die treffendste sinspreuke wat ek ken!

En was Christus ‘n duisendmaal in Bethlehem gebore,

en nie in jou nie: Jy bly dog in ewigheid verlore.

[Angelus Silesius (25e. Desember 1624 tot 1677)

„der Schlesischer Engel”, (eintlik Johannes Scheffler),

duitse mediese dokter, priester en digter]

24e. Desember 2016…..Λ▲Ω▲∆∆Ω☼Ω∆∆▲Λ∆∆∆……………………………tje




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed