KERSWENS VIR JOU
Môre sê
Mag jou hart die stal wees vir die geboorte van ñ wonderwerk. En mag God engele stuur met 3 geskenke vir jou: GOUD vir drome en wense waarmaker in Sy liefde. WIEROOK wat in ‘n lieflike geur van hoop en lewe deur jou sal dans; altyd. MIRRE vir die einakry wat per ongeluk oor jou pad mag kom. My wens vir jou en joune is ‘n beeldskone kerstyd en 2020. En mag jy elke dag piekniekmaak op die soom van ‘n Shekinah wonderwerk.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en dankie dat jy 2019 met die GhwarriegatQueen gedeel het. Mag die vingermerke van die lewe bittersag lê teen die handbreetes van jou ganske wees.
Shalom.
HeroLiefnes.
Liza😘😘😘
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Bokkie gaan dit beslis met vreugde hoor. En dis my wens vir jou ook, liewe LIsa. Voorspoed is nie net monetêre rykdom nie, maar sielsrus. Laat dit jou laaf soos regen op die dorre akker. GvT