Jongste aktiwiteit:

Klip-kan-lewe

Jou geoefende oog sien dit moeiteloos gou
die gapings wat pelgrims van die glorie weerhou
Jy faal nie om stywe standaarde te stel nie
skroom nie om jou vinger te lê waar dit kwel nie

Geen sterfling sal dink jy’s nie méér as opreg nie
om die ewige vrae hier en nou te besleg nie
Hul sal stilweg jou deugsame ywer bewonder
jou nugtere toewydingsdrang in besonder

Maar sal dié wat jou ken ook jou wandel begeer ?
Sal respek hulle nooi na jou streng atmosfeer ?
Vloei jou gees ook gulhartig soos water in wyn
dat Sy sielvolle gloed in jou klipkanne skyn ?




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed