klip harde klip
vanaf die begin van die skepping
uit moeder(aarde)skoot geweef
lê eeue se begin in onverstoorde rus
deel van die paradys en die sondeval is jy
van die mens se wen en verloor
jy is in vloedwaters gemaal
deur krygers vertrap
deur rotse verdruk
deur vuur gelouter en son gebak
met reën geseën
in stof verstik
gebruik om te bou
gebruik om te breek
deur beskawing geskuur
jy is deel van ons hoogste prestasie
ons laagste val
‘n klipharde klip
geskop
gegooi
goed vir niks…
tog sien jy in jou verganklikheid
(soos ons) reikhalsend uit
na die volmaaktheid
van ‘n nuwe begin
sal jou hart van klip
uitroep as ons swyg
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Elroux, ek verstaan wat jy met die vers probeer sê, tog vind ek die aanbieding effe 'stokkerig' en 'kripties'. Dit is nie noodwendig negatief nie want poësie behoort nie té omslagtig te wees nie. By die lees egter moet die weglating van lid- en voegwoorde funksioneel verdedigbaar wees. Ek sou nie vreeslik hieraan verander nie maar sal voorstel jy krap bietjie daaraan en maak gebruik van 'n paar lidwoorde en leestekens. Jy kan vir my 'n inboks stuur met vrae ens. dan antwoord en help ek daar verder. Skryfgroete IM