Carte blanche van die natuur
waar die winterson wydsbeen
oor heuwels sit
brand die dorsverlange
na ‘n nuwe somer
waar ek tot na die middernaguur
met droomoë
na die sterre kan tuur
in die krummels
van die Bosveldvuur
wat seine na die Hemel stuur
sien ek in die konstelasie
spore van dit wat was,
is en weer sal kom
met ‘n dorstige heiligheid
uit die sekelkom val
in die carte blanche
van die natuur
ontwaak die hunk’ring
na die vrede
vir nog
‘n pasgebore dag
wat nuwe verlossing bring
vir die wat soos ‘n duif
na antwoorde
en vryheid
smag
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.