knyp
die koue knyp steeds
soos knypie sonder laggie
knyp dit my vel en verkluim
suid-ooster kom soos knyper
verpes ons warm bestaan
so knyp die ekonomie
al hoe sterker sy knype
ons land is in groot knyp
knyptang van resessie
wat in donker knyp
ek knyp myself om te verstaan
knyptang van tyd stewig oor my kop
waar is die gisters van jeugdelike begrip
waar lewe se knyp vervaag het in hoop
en die toekoms blink gelyk het
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.