Jongste aktiwiteit:

Jy blaas en blus my vlamme

Is dit die landskap
van die strand in jou lyf
wat onder die streel
van my vingers verstyf

want met die goud-grof
van jou skitter sand
blus jy die vuur-vlam
van my passie-brand.

Neem jy my op reis
met perfek gekose woorde
lei my deur jou soutmansland
na groen wingerde en boorde

na daar waar ons kan hooggety
aan propvol druiwekorrels smul
en wanneer skemer dag met sy naglied groet
sal ons onder ‘n sterrekombers inmekaar opkrul.




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed