Dans met my
DANS MET MY
As ek jou vra
dans met my
in passie van ‘n tango
sal jy, tot die einde
my na die liefde dans
wyl ek woorde uitlokkend in jou oor prewel
met bewende vingers jou hand liefkoos
terwyl my oë joune penetreer
en jou mond die soet uit my trek
jy my hartstog teen jou voel
en ek met smeulend begeertes
soos n strykstok teen jou speel
die trillings teen jou rug voel opstoot
my vingerpunte elke ronding van jou lyf verken
die sagtheid van jou bors myne deurboor
wyl jou dye my styf omhels
jy om my oopvou soos kelkblare
tot ons saam hierdie dans
in ekstatiese ritme, vervolmaak.
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.