Laaste siele-hitte …
as die winterwind yskoud
aan my hart kom vat
en voor my lê ‘n lang en nat
vol-moddergate-pad
dan wonder ek of daar
ooit weer son gaan skyn
want my laaste siele-hitte
het saam met jou verdwyn
© borrels
4 Kommentare
-
Viooltjie
Hierdie een is baie moo, Borrels!
-
neels
Dis pragtig borrels
-
Zymrly
Jy skets beelde op 'n baie rustige manier met jou verse al is die boodskap seer en koud. Goed geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Doret JohnstoneRobertson
Ek hou hiervan! Jy is so goed met atmosfeer skep.