koep nou !
peskes ê dguiwe!
lekka peskes ê dguiwe my lanie
vags by die boeme ê lekka soet!
nog vô vannie doukies ê laggies
nê veegtag gande ‘n pakkie
mêvgou moe nou koep
môga issit duugdeg
vars vrugte op straat
al is dit uitskot van die oes
is dikwels beter as dié in winkels
al ons uitvoer klasse word uitgevoer
ander goeie klasse mark toe gestuur
terwyl ons eie verbruikers dit selde
eers sal sien om te kan koop
soos met eiendomme
word kos gemanipuleer
deur agente en groot kapitaal
wat rykdom van verbruiker
met rente kom verhaal
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.