kookpot
uit ‘n suidelike distrik
waar temperature ysig kook
wriemel en kook jou tentakels
soos slierte oor die blou aardbol
agter jou lê verwoestende ysreën
wat pienk oor die berglandskappe
van ons suidelike afrika neersif
na jou are oor my getrek het
bly net die pyngedagte oor
pynlike, stywe knieë
wat krakend buig
op die
treurige
noot
van suid-ooster
wat wenend deur
gleuwe stoot
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.