koordinasie
waar meeue oor die see sweef
golwe kort op mekaar op strand uitspoel
skulpdiertjies van huisie verander en grawe
wind die seewier op strand uitstoot en verdroog
seevoëls hul kroppe kom volmaak aan seekos
selfs kraaie soms kom aas op die strand
daar is koördinasie in werking
daar net langs my duin
leer ek van mededeelsaamheid
gee en neem van oorlewing
soms hard en hartseer
maar altyd in orde
soos mense
van miere
kan leer
so kan
hul
hier
ook leer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.