Kosbaarste Veldblom
jou lewensduur
blom soos veldblomme
en welig soos gras
maar tog is ons net stof
wat weg waai met die wind
en skielik
is jou plekkie leeg
Jesus
het Sy kosbaarste veldblom
in die hemel
h – e – r – p – l – a – n – t
©Jessica Venter – 20/1/2020
• Stukkies geneem uit Psalm 103:14-16
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.