Kosmandjie.
Kosmandjie, groente en mielies, Magaliesrandjies.
Brits jy is n sieraad, met diverse bome, struike, voels, graslande en omgeploegde rooi lande gereed vir nat lei
en kos gee.
Trekkers,planters,skoffelploeg
orals sien jy arbeid, skoffel en swoeg.
Van vroeg met die oggend geel gloed
tot laat met sonsak rooi gloed.
Kareespruit, heuningspruit, sandspruit
water vir plantjies water lei, sonder dors ly.
Krokodil kronkel rivier
langs jou oewers is lewe n louter plesier.
Klipkop, Langberg, Magaliesberg
Bring n ware kosmandjie, n bruisende mandjiefees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.