Jongste aktiwiteit:

krea(tief)

 

“Kreatiwiteit kom van God af omdat Hy die Skepper is”

 

die vermoë om iets nuuts te skryf

dit is nie noodwendig oorerflik nie

Plato het gesê dat inspirasie ‘n soort waansin is

Leonardo da Vinci het gesê: “leer put nooit die verstand uit nie”,

en: “Die edelste plesier is die vreugde van verstaan”

sodra hy met ‘n verskynsel gekonfronteer was

het hy daarin belanggestel om dit te verstaan

en onmiddelik opgetree om dit te doen

 

vir my as straatdigter

val woorde vanuit die bekende

na die onbetrede, nuutskeppende

oorspronklike drome wat gedagtes

in strofes probeer sweis

 

Ek sit op die rand van die sterre

Waar die stilte die donker verken

Woorde dans soos vuur in my pen

‘n Nuwe vers wat nog niemand ken

 

Ó Tearlach.

 krea(tief) – skep. Met die vermoë om te skep en nuwe dinge te maak.

Kreatiwiteit is ‘n verskynsel waardeur iets nuuts en, op die een of ander manier, waardevol gevorm word. Die geskepte item kan ontasbaar (soos ‘n idee, ‘n wetenskaplike teorie, ‘n musiekkomposisie of ‘n grap) of ‘n fisiese voorwerp (soos ‘n uitvinding, ‘n literêre werk of ‘n skildery) wees.

Die eerste persoon wat die woord “kreatiwiteit” in poēsie toegepas het, was die 17de-eeuse Poolse digter Maciej Kazimierz Sarbiewski.

Vir meer as ‘n eeu en ‘n half het die idee van menslike kreatiwiteit weerstand ondervind, omdat die term “skepping” gereserveer is vir skepping “uit niks”.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed