Jongste aktiwiteit:

Kruispad

vir jou het ek sien naderkom

soos ’n kat wat ’n voëltjie bekruip

eers versigtig oë vasgenael op jou prooi

toe verwoes vorentoe

 

ek wou nog planne maak

my opsies versigtig deurdink

die voor en nadele lys

in ’n oogwink was jy daar

 

jy het my stip in die oë gekyk

ek kon jou asem ruik

soos ’n leeu wat sy vangs vasgetrek het

het my hart uit my borskas geklim

 

ek het eers voor jou versteen

ek het gekies

nie met my kop nie

my hart het vir my die pad gewys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Jacomuis het n geregistreerde lid geword

  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak