
lanterfanter
rustig slenter sy oor my duin
vroeg oggend indrukke soos soet wyn
vrolike lenterokkie en hoed teen wind
frikkels en kreukels vergete
so slenter ek deur lewe
ongeerg en onversteurd rustig
elke stormwind wat opsteek en wil waai
ruis grasieus deur my yl haredos
beter om op strand te wees
hier, selfs in winterkoue te lanterfanter
as in die mall waar versoekings roep
van koop, want dit is mos reg
© Tearlach.
ʼn Lanterfanter is ʼn persoon wat rondloop en tyd mors en eintlik met niks konstruktiefs besig te wees nie.
3 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Ek hou baie van die neologisme: lanterfanter Jou gedig is so mooi en met soveel deernis geskryf.