lente
eerste dag van lente
die koue trek verby
spierwit blom die velde
roep die kolgans vir my
trek uit jou baadjie
gaan kyk die blomme
stap ‘n korte draaitjie
op maat van dromme
kom nou, wees vrolik
sit op jou beste glimlag
los nou uit al die olik
sing uit jou hart vandag
kom krap nou ‘n voortjie
plant jou gisters in die grond
water dan gereeld die slootjie
lag in kleurvolle oggendstond
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.