Die Kalahari-woestyn
Die Kalahari-woestyn
die wind hang sy trane op
aan die yl grashalms wat hy
in sy arms hou jakkalsdraf
slof-slof, stof-stof voor die
stomende wiele van die son
saggolwend misterie
die Kalihari-woestyn uitgestrek
op die naat van haar rug
in die raadsaal van die son wiegie
sy onder walsende voete
van die wind
triljoene babbelende sandtonge vulkaan
in die stof van die wind se slof
en legio sandsekeltjies skakeer orde
in die kreukels van haar golwende rooibruin kleed
misterieus geplooi, getooi, gesooi
duin-vir-duin, kruin-vir-kruin gefatsoeneer
deur die palet van die wind
en
tussen die beskutte voue van haar moue
hou sy oases van lewe vas
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert) (Silwer)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.