Genade reën
Genade reën – (Magda van der Walt)
Dankie Heer vir genade reën
so onverdiend val dit tot seën
oor land en veld diep tot in ons hart
verligting gebring deur Vaderhand
vir elke mens en boer in hierdie land
hoor die danklied in voël gesang
die hele veld juig vrolik saam
onder doring skaduboom verskuild
bokspringdans wildsbok uit
smagtend bly dis lafenis reën
so sorg God vir iedereen
tussen dreunend wolk hoor jy hul bê bê
elke boer skep moed God is steeds goed
uit dorre grond sal nuwe lewe kom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.