Menswaardigheid
grysheid lê sowaar by ouderdom
want met die wysheid het die
sierlike kroon gekom
het dit ons oues van dae
wat reg gelewe het bereik
silwerwit het hul dit gewys
met glimlag sag om die mond
en oê wat tevrede bly blink
wanneer iemand hul pad kruis
gebukkend het hul jou genader
party met ‘n kierie in die hand
met waardigheid die lewe gevul
met hoë agting vir God se Woord
het hul jou tereg gewys
wanneer jy ‘n fout begaan
nederig en stil het hulle geword
wanneer die gryse hande nie meer kon’
met afwagting vir God om te kom haal
besef ons jy wat reg lewe altyd
word sierlik bekroon aan die
wysheid eerder gekies as dwaasheid
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.