
God se blou
in die songloed van laatmiddag skemering
vorm wolke die nagtelike kombers
oor koel waterstroom wat blink
in die sonsondergang se laaste sien
troon die silhoeëte van palmbome
in die donker skadu tussen naggeluide
word ek weggevoer in gedagtes
om die bloue hemel God se “blou”
weet ek iewers in die woord
word God se “blou”beskryf
word gedagtes wakker gemaak
want die mooiste kleur ook vir my
was blou alom teenwoordig in my eie
kleurskema keuses en God my leiding
vandag vasgevang in die liefde van God
leef ek asof God dit aan my uitsonder
God se “blou”maak my die gelukkigste
want aan Hom wei ek ‘n belofte
wat net ek en Hy alleen verstaan
‘n silhoeëte liefde wat uitslaan
uitgekies en gevorm is Ek in Hom
met Sy tasbae liefde uitgesonder
weet ek Sy “blou”staan vas ook in my
gewei aan ‘n laaste sonsondergang
tussen naggeluide waar eens Sy roepstem
my die diepste vrede in Sy vreugde bring
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.