My nuwe dagboek
Dit het die regte formaat vir belydenisse
en dis omgewe met geheimsinnigheid
romantiek, sensasie en ja
selfs ‘n beduidenis van verveligheid
Soms is dit ‘n herhaling
van daaglikse gebeure
of net ‘n tergende gedagte
roekeloos en opstandig
En dan is daar die klimaat
wat ook boeiende skryfstof kan wees
dis ‘n bontgenoot of medepligtige
‘n beleidenis in die skemering
Op die sole van my voete
in die spore van my palms
tel ek een vir een die sterre
elke dag skryf ek iets nuut
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek