Raponsie (silwer)
Jy en ek
is vuur en ys
jy, die dromer
ek, die realis
my swart, jou wit
jou warm, my koud
tog, vir ‘n enkel oomblik
wou ek graag jou prinses wees
my hare hang
oor my kasteel se hoë muur
jou toelaat
om die granaatpitrooi
van my hart
te proe
my weg te voer
na jou lekkerland
waar liefde soet is soos borssuiker
en seerkry ‘n nerf-af knie …
©️Elize Kruger 2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek