Lewens’strome
Iemand vertel jou ‘n stukkie van sy lewe
vervelig luister jy, bid dat hy moet kla kry
sou jy wou weet, sou jy graag die hele storie wou weet?
of het jy reeds lankal daarvan vergeet
Kon jy maar net alles hoor
al die kreukels van depressie
splinters van ‘n lewe wat spat in alle rigtings…
dan doodstil onder ‘n boom gaan lê
nooit was daar tyd om iets vir iemand in nood te sê
Mag ek jou sluier oplig, sodat jou gesig teen my wang kan rus
sodat jou vreugde kan terugvloei
en die triiling van my hand net weer vir ‘n rukkie
‘n stukkie son, ‘n strepie maan
deur elke krakie in jou hart sal ingaan
Soos verlepte blomme, met geel gedagtes weer sal opkyk na die son
met ‘n kleurvolle kwas al die donker, die leegheid en pyn wegverf
vreesloos weer jou voete vind op walle van stormwaters, voor jy sterf
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek