Jongste aktiwiteit:

Liebig Murasie

Liebig
beelde van vervloë
rykdom omring jou
wie het by jou
luukse kaggel
in koue wintersaand
troos gevind
wie oor ‘n glas rooiwyn
hul dag met ‘n
geliefde gedeel
wie het in jou boorde
gestap
die soet van jou lemoene
geproe
wie het in jou tuin
gewandel
as die aandwind soel
oor die Khomashochland-heuwels spoel
met liefde en deernis
die geure van die blomme
ingeasem
hul ore gesug deur
die beton-vis
wat sy storie
in uitspoeg in ‘n water-boog
wie het met jou majestueuse trap
op gehardloop tot bo
en deur die massiewe kamer
se venster
uitgekyk oor die heuwels en dale
keer op keer ervaar
dit is ‘n bekoring
vir hart en siel
wie het in jou
gewoon
gewerk
gelag
gehuil
en jou verlate
agter gelaat
jou mure deur
graffiti onteer
nou ‘n murasie

net die oorblyfsels
van era lank vergeet
niemand
niemand wat weet . . .

©Marsofine Krynauw




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed