liefdadig
oor my duin suis winde
uit die weste blom blou wolke
nuwe koue front gly stadig nader
koue lug word vogtige misgordyn
elke plant draai blare na die vog
voëls lawaai opgewonde en gil
diertjies van die veld skrop
hul neste onder fynbos
mense werk haastig
hul bouwerk geknip
bakkies kom haal werkers
want oor die horison
hang die reën blou
haweloses krimp
in dun jasse
teen son
gebakte
mure
©Teárlach
(liefdadigheid begin tuis)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.