Jongste aktiwiteit:

Liewers dood as uit die mode!

September is toe nie net die begin van die lente nie, maar ook ‘n hernude geleentheid om aandag aan die modes van die dag te gee. Daardie einste modes waarvan ek steeds nie weet wie dit uitdink nie, en hoe hy/sy die derduisende blinde, skaapagtige mense kan oorreed om hulself soms geheel en al belaglik te maak nie. Dit is al asof ‘n groot deel van die samelewing gehipnotiseer is, want ongeag of ‘n persoon ‘n sekere styl kan dra of nie, as die mode dit voorskryf word dit aangetrek. Jou vetrolle kan uitdruk, oorhang, uithang, maar daai lyf sal in té klein kleertjies ingewurm word en alles met ‘n skerp lig uitlig en vertoon. Wayyyy too much info!

Het ons nie jare gelede al op “Lentedag” (die eerste en koudste dag van die nuwe seisoen) in ons papier-dun linne-rokkies by die skool opgedaag nie? Jy sou liewers sterf van die koue as om die hoendervleis op jou arms met ‘n warm truitjie te bedek! En daardie bruid wat in die middel van Junie ‘n skouerlose rokkie dra? Rukkend en blou, maar liewers dood as uit die mode en sy sal weier om ietsie oor daai kaal lyf te gooi… Deur die jare het ek vele koue bruide aangetrek en soms in my mou gelag, maar meermale net my kop geskud. Dapper of sommer net gewoon stupid?

En toe meer onlangs skakel ek die radio oor na RSG en my bek wil-wil net oophang want sien, die nuwe modekleure van die lente seisoen word bespreek. Vir hierdie jaar (2018) is die kleur pers – maar moet asb. tog net nie die pers van twee seisoene gelede aantrek nie! Dít is die grootste mode flater en ‘n YSLIKE nee-nee! En moet dit ook nie van kop tot tone dra nie asb. Ek het absoluut géén idee wat hierdie jaar se pers skakering behoort te wees nie, en nog minder wat twee jaar gelede s’n sou wees!

Ek loer skrams na my ou warm kleertjies wat ek toevallig die betrokke dag aangetrek het. Jip, toe dra ek ‘n pers T-hemp met so wragtag ook ‘n ander skakering pers fleece baadjie daarby!! Genoeg om enige mode kenner ‘n aartjie te laat bars! Siende dat die twee stukke se skakerings nie presies dieselfde is nie, kon ek nie help om te wonder watter een van die twee is nou eintlik twee jaar gelede se pers nie?? Want sien, geen een van hierdie kledingstukkies is in die huidige seisoen gekoop nie, en dus sal dit ook nie die “regte” pers wees nie.

Spaar my tog net van sulke uhm, ……..sulke purperkleurige snert!




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander