ligfraksie
die maanlig smelt saam
met die digte mis vanaand
die uil skreeu hy voel tuis
rot se kind hardloop
om die gryswit huis
golwe praat bombasties
misgordyn verberg alles
grysbokkie sluip saggies
deur geel verligte tuin
proe stil aan grassies
slaapkamer ruite is donker
vroeg reeds doodse stilte wat heers
môre is weer werksdag vir jonges
brul vistreilers weer oor branders
brand fabriek alles wat krommes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.