Ma se kind
ma se kind so onskuldig klein
jou handjies en toontjies tog so fyn
jy’s pragtig my seuntjie
jou laggie die mooiste deuntjie
jy vul my hart met trots
my liefde vir jou stewig soos ‘n rots
jou lyfie so warm en sag
hier langs my elke nag
jou soentjies en drukkies is wonderlik
die hele jy so uitsonderlik
ek’s werklik geseёnd met jou
al weeklaag my hart met rou
sonskyn is jy in my lewe,
laat my uit duisternis swewe
op wieke van die wind
ma is werklik lief vir jou my kind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.