Jongste aktiwiteit:

Maart 2017 projek – Menseregte en morele wysheid

Aangesien ons die maand betree waarin elke Suid Afrikaner sy of haar mensereg en morele wysheid kan vier het ons dit goed gedink om dit as onderliggende tema te gebruik vir hierdie maand se projek.

Die reëls om hieraan deel te neem:

1.Daar is geen spesifieke titel of tema nie maar dit moet onderliggend aan die konsep van menseregteen morele wysheid raak. Dit is van nature dat skrywers dit verskillend sal interpreteer en verwoord en ons wil dit juis aanmoedig.

2. In die geval van ‘n gedig inskrywing moet dit die vorm van ‘n Haikoe aanneem. Hieronder ‘n kort verduideliking hoe ‘n haikoe lyk:

‘n Haikoe is tradisioneel ‘n Japannese digvorm, wat uit drie reëls en sewentien lettergrepe bestaan. Die reëls is ook streng sillabies, naamlik vyf, sewe en weer vyf. Hierdie digvorm het in die dertiende eeu in ’n Japanse klooster ontstaan, waar monnike van die Zen-Boeddhisme dit as ’n speletjie beoefen het om te kyk of hulle so veel as moontlik in so min woorde as moontlik kan sê.

3. Indien jy in die kortverhaal of gorrel afdelings deelneem is jou taak net om die tema van menseregte en morele wysheid (op watter wyse ookal) aan te spreek.

4. Die dig-afdeling sal streng aan die Haikoe kriteria gemeet word.

Ek daag almal uit om hier aan deel te neem. Dit is baie leersaam terwyl dit ongekende plesier bring as mens dit reg kry.
As voorbeeld plaas ek graag vir julle ‘n eie poging.

Haikoe
Soos paal bo water
voorregte staan nooit alleen
sonder onus nie
© im

Lekker skryf

Projekbestuur




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

  • neels

    Menseregte in hierdie land wat ons blankes koelbloedig vermoor word? Menseregte waar die misdadiger meer regte as die man in die straat het? Ek sal nie waag om hieroor te skryf nie hulle sal my toesluit

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed