meelewing
teken van jou hart
wat daarin teenwoordig is
wat borrelend wil klop
uitklop om te deel
dit klop oor hekkies
oor heinings van teësin
dit word versterk deur God
die saadjies wat jy plant
gee Hy kos, maak Hy nat
met Sy hemelse water
dit lyk soos naasteliefde
wat nie afgunstig kan wees
wat niks in ruil daarvoor verwag
wat net maar een keer lewe
verborge is jou hart in smart
verhewe is jou meelewendheid
wanneer mense jou miskyk
maar jou Skepper sien
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.