
Met ‘n drukkie
Die stem van ‘n moeder
die warmte van haar hart
aan kinderdae, salig en komerloos
en dis te danke aan ma
Ek dink aan tye van lekker lag
van kuier aan die kombuistafel
tot laat in die nag
aan ouerarms wat my sag omvou
Ek dink aan tye van hartseer deel
saamstaan in donker dae
Hoe bring mens hulde aan iemand soos jy
op moedersdag?
Jy’s my sielsgenoot, lagmaat
huilmaat en beste vriendin
ek wens ek kon mooi skilder
om al die mooi in vas te vang
en vir jou te gee
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek